Last updated: 5 days ago
Alouise maak debuut as solokunstenaar met eerlike akoestiese snit
In Alouise Peens se debuutenkelsnit as solokunstenaar, Dis Jy, maak sy hart oop oor haar gevoelens van jaloesie en verlange wanneer sy nie naby haar geliefde kan wees nie.
Dis Jy is ‘n rou en eerlike, akoestiese-popliedjie uit Alouise se eie pen. Alouise is ‘n bekwame musikant wat bekend is as musikant in onder meer Bok van Blerk se orkes.
In Dis Jy sing sy oor hoe alles naby aan die persoon vir wie sy lief is kan wees, behalwe sy self.
Alouise sê dit was belangrik om eg te wees met die lirieke, aangesien dit haar eerste enkelsnit is. Dit moet luisteraars laat dink aan iemand wat vir hulle spesiaal is en na spesiale tye vervoer.
Alouise is al vir jare doenig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en betree nou die voorgrond met hierdie enkelsnit.
“Ek wil hê mense moet my hart hoor en hoor hoe Alouise klink. Ek het vir jare aan ander mense se drome gebou en dit is nou bietjie my beurt.”
Alouise is ook ‘n sakevrou met haar eie aanlyn onderneming en ‘n kranige fietsryer wat al tien keer die Cape Argus-fietstoer voltooi het. Alouise bespeel ook ‘n verskeidenheid instrumente, insluitend die tromme, baskitaar, elektriese kitaar, akoestiesekitaar, ukelele en klavier.
“Hierdie is net die begin,” sê Alouise.

Monthly Listeners
333
Monthly Listeners History
Track the evolution of monthly listeners over the last 28 days.
Followers
496
Followers History
Track the evolution of followers over the last 28 days.
Top Cities
85 listeners
82 listeners
60 listeners
12 listeners
9 listeners