We are currently migrating our data. We expect the process to take 24 to 48 hours before everything is back to normal.
Lee Scott

Artist

Lee Scott

Last updated: 5 hours ago

Lee Scott is beslis een van ons land se voorste vocalists en het sedert sy dae as lid van Hi-5 behoorlik sy stempel as solo-kunstenaar afgedruk.

Die ‘all round nice guy’ is al gaande oor sing vandat die gogga hom in Graad 5 met sy eerste solo-optrede gebyt het. Sedertien het hy hom gevestig as musikant en vermaakliheidspersoonlikheid waar hy benoem is vir ‘n Huisgenoot Tempo- en SAMA-toekenning vir Beste Pop album. Sy twee albums, Die Enigste Manier (2010) en Vir Ewig (2013) is baie goed ontvang.
Sy enkelsnit, Perfekte Vreemdeling is in 2017 uitgereik en die musiekvideo het kykNET se Musiekvideo Projek-kompetisie in dieselfde jaar gewen en trefferparades landswyd geklim.

Hy is ook die aanbieder van SABC2 se musiekranglys, Kliphard. Miljoene rugbyaanhangers het ook sy talent besef toe hy in 2018 die Australiese volkslied in Port Elizabeth gesing het tydens ‘n toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Australië.

Einde 2019 het hy sy nuutste enkelsnit, Vry bekendgestel. Hy het ook sy eie musiekskool, Lee Scott Studios waar hy sy wenke met aspirante sangers deel deur sanglesse aan te bied.

ook aan verskeie verhoogproduksies deelgeneem, waaronder Abba Magic SA, Reik na die Sterre – Die Musical en vele meer. Lee was ook deel van Jennifer Rush se Suid-Afrikaanse toergeselskap in 2015, het in 2007 vir sewe maande deelgeneem aan konsertoptredes in die Son Amar-teater in Mallorca, Spanje en opgetree tydens promosiebyeenkomste by die 2010 Eurovision Sangkompetisie in Noorweë.

Monthly Listeners

201

Followers

732

Top Cities

43 listeners
40 listeners
29 listeners
9 listeners
7 listeners

Social Media

Related Artists

Imke

Imke

1925 Band

1925 Band

Burgerd Botha

Burgerd Botha

Sharoney

Sharoney

Elmé Churr

Elmé Churr

Heuning

Heuning

Ramey Short

Ramey Short

Dogters Van Man

Dogters Van Man

Candy Benson

Candy Benson

Rymstoff

Rymstoff

Roux Cloete

Roux Cloete

Pieter-Niel

Pieter-Niel

Marius Lubbe

Marius Lubbe

Wolwe-Dans

Wolwe-Dans

Eon

Eon

Anaïs

Anaïs

Shaun Tait

Shaun Tait

Geraldine Scholtz

Geraldine Scholtz

Pieter Rischmüller

Pieter Rischmüller