Last updated: 5 days ago
Vanuit die Oostelike voorstede van Pretoria tot die grootste feeste in Suid-Afrika word Wit Kasteel vinnig ‘n huishoudelike naam sinoniem met “old school rock” en ‘n unieke, onvergeetlike optrede styl.
Sedert hulle debuut album vrygestel is in 2015, wat ’n verwerking van Laurika Rauch se Die Nostalgie ingesluit het, het Wit Kasteel groot opslae gemaak in musiekkringe en diep spore in die musiekbedryf getrap. Noemenswaardig ‘n Ghoema benoeming vir beste Rock album in 2015 en hul “rock” verwerking van Die nostalgie was vir verskeie weke nommer een op Groot FM en Suidkaap FM se treffersparades en die musiekvideo van dié treffer is reeds deur duisende mense op YouTube gekyk.
Met ‘n mengelmoes van musikale inspirasie in die smeltpot is daar iets vir almal om voor uit te luister. Die invloede van blues, klassiek en alternatiewe rock meng saam om ‘n styl en klank soos geen ander te vorm nie.
Wit Kasteel laat nie op hul wag nie, en het al by privaat-funksies, restaurante en menigte feeste opgetree, insluitend onder andere, Innibos, Bieliemielie Fees, KKNK, Aardklop, Moepanie Oesdag, Rocking Potch en vele meer.
Die aanslag van Wit Kasteel se nuwe enkelsnit, Toegewyd, is vars en nuut en ’n goeie aanduiding van wat van hulle komende album verwag kan word. Dit is ook die begin van ’n nuwe en opwindende hoofstuk in dié
musiekloopbaan.