Data may be outdated
Last updated: 1 month ago — Click refresh to get the latest statistics.
Haar debuutalbum, Wonderwerk, spog met goue status vir verkope en sy was ook vir twee jaar in ‘n ry die aanbieder van kykNET se immergewilde Boer Soek ‘n Vrou reeks. Haar tweede album is ‘n Deluxe weergawe van Wonderwerk wat vier splinternuwe liedjies sowel as twee heropnames en ‘n verrassing akoestiese nommer insluit en het ook goue status behaal.
Sy het die silwerdoek betree in 2013 in die musiekfliek As Jy Sing saam met Bobby van Jaarsveld en in 2018 in die rolprent, SUSTERS met Diaan Lawrenson en Quanita Adams waarin sy een van die hoofrolle vertolk het. SUSTERS het verskeie loketrekords gebreek.
Haar nuutste album, Kyk Na My is in September 2019 bekendgestel met gewilde snitte soos Kyk Na My, Ek Noem Jou Myne (Cross My Heart) en die meer onlangse Girls Night.
Sy is nie net toegerus met drie albums nie maar Leah is ook ongelooflik goed gekwalifiseerd op vele vlakke. Sy het ‘n BCom (Regte) graad agter haar naam en opleiding aan die Waterfront Teaterskool.
Na die sukses van Met Jou Klere Aan, Volmaan en ek Mag Jou Mis het sy ook ‘n trefferduet met Jo Black uitgereik getiteld, Nooit Alleen wat ook die temalied vir die fliek SUSTERS is. Haar funky treffer saam met Kurt Darren en Snotkop, Selfie Song, is ‘n lekker tong-in-die-kies liedjie en mense is gaande daaroor.
Monthly Listeners
82,585
Monthly Listeners History
Track the evolution of monthly listeners over the last 28 days.
Followers
115,190
Followers History
Track the evolution of followers over the last 28 days.
Total Streams
17.2 million
Total Streams History
Track the evolution of total streams over the last 28 days. This data is calculated from all tracks listed in the artist's discography.