We are currently migrating our data. We expect the process to take 24 to 48 hours before everything is back to normal.
Bok Van Blerk

Artist

Bok Van Blerk

Last updated: 4 hours ago

Hierdie is die vermaaklikste boksoort en is bekend daarvoor dat hy musiek maak wat die kol tref en by alle Suid-Afrikaners aanklank behoort te vind.

Hy na skool Boukunde en Konstruksiebestuur gestudeer voordat hy vir sewe jaar lank in die boubedryf gewerk het. Die passie om musiek te maak het hom voortdurend daaraan herinner dat hy iets anders as konstruksie wil doen en teen 2005, het Bok bouwerk van ‘n ander aard aangepak deurdat hy as professionele musikant aan sy bewonderaarsbasis begin bou het. Vele albums en ‘n hele rits toekennings later, is Bok een van die land se mees herkenbare stemme en gesigte in die vermaakwêreld, veral nadat hy oor die laaste drie jaar ook gereeld in Suid-Afrikaanse films te siene was.

Bok is ook mal daaroor om saam met ander kunstenaars te werk en het reeds liedjies opgeneem saam met Steve Hofmeyr, Valiant Swart, Robbie Wessels en Die Heuwels Fantasties. Hy is ‘n gewilde persoonlikheid in die Suid-Afrikaanse media en verskyn gereeld in koerante, tydskrifte en aanlyn, asook op radio en TV.

“Dis in my bloed. Ek geniet musiek maak. Geniet is miskien nie ‘n sterk genoeg woord nie. Ek is mal daaroor. Mal daaroor om te sien hoe mense aanklank vind by my lirieke, hoe hulle saamsing… mal daaroor om te hoor by my bewonderaars hoe ‘n liedjie hulle lewe geraak het of net hul gemoedstoestand gelig het. Ek voel geseënd om te kan sê ek geniet wat ek doen.”

Monthly Listeners

308,188

Followers

350,012

Top Cities

90,211 listeners
75,737 listeners
59,782 listeners
19,700 listeners
6,754 listeners

Social Media