Data may be outdated
Last updated: 1 month ago — Click refresh to get the latest statistics.
Benadé se debuutalbum het in Augustus, 2020 die lig gesien en Spontaan, die titelsnit, is steeds die mees gestroomde Afrikaanse liedjie op Spotify. There Was Jesus, Riaan se weghol duet met Demi Lee Moore, is kort daarna vrygestel. Hierdie liedjie het tot op hede meer as 10 miljoen kyke op YouTube geniet.
Sommiges sal egter verbaas wees om te sien watter ander liedjies deel is van dié Nylstroom Country-sanger se oeuvre. Ondermeer Bok van Blerk se Land en Strand (die titelsnit van Bok se gelyknamige VIA-televisieprogram) en Ruhan du Toit se Monumentaal wat hy saam met Gerhard Steyn geskryf het.
In 2022 wen Benadé die AITSA-toekenning vir die suksesvolste Afrikaanse snit deur ’n manlike kunstenaar vir Rowwe Bliksem, sy liedjie saam met Jay wat hulle twee ook saam met Marno van der Merwe geskryf het.
In 2023 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat deur Spotify self, genader is om ’n eksklusiewe Spotify-enkelsnit vry te stel. Benadé en die Nashville country-ster Ian Munsick, se weergawe van Springsteen se I’m On Fire is einde 2023 vrygestel.
Nou na vier jaar se wag, is Riaan se splinternuwe album, Die Lot, uiteindelik oral beskikbaar. Dit beloof om niks minder, as jou hoogste verwagtinge te oortref nie.
Monthly Listeners
356,427
Monthly Listeners History
Track the evolution of monthly listeners over the last 28 days.
Followers
268,669
Followers History
Track the evolution of followers over the last 28 days.
Total Streams
98.6 million
Total Streams History
Track the evolution of total streams over the last 28 days. This data is calculated from all tracks listed in the artist's discography.